Karen Zoid

Karen Zoid - Maak Nie Regtig Saak Nie lyrics

My geld is klaar

En die rand is laag

En Aids is ‘n virus

Aids is ‘n plaag

En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie.

Jy’s lief vir die partie

En lief vir die jol

Maar die kerke is leeg

En die tronke vol

Dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie

Dit maak nie regtig saak nie

Dit maak nie regtig saak nie.

Die katte miaau

En die honed blaf

En die kinders brand hulle skole af

En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie.

Hy’s gatvol vir sy boere barok

Nou dra hy lipstiek

En hy dra ‘n rok

En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie, baby

Dit maak nie regtig saak nie

Dit maak nie regtig saak nie

Die shows op TV is uiters swak

Ja, die shows op TV is nogal…

Kan niemand iets nuts konseptualiseer nie?

Wil iemand nie net asseblief probeer nie?

Die shows op TV is almal dieselfde

Wat het geword van my kinder dae helde?

Het ek die mentaliteid van ‘n blomkool?

Net soos my onderwyers van hoërskool?

Dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie

En dit maak nie, dit maak nie regtig nie

Dit maak nie regtig, maak nie regtig saak nie

Twee kitare en ‘n bosveldvuur wat brand

Hou my lief vir hierdie lewe

Hou my lief vir hierdie land

Goeie vriende

Vriende aan jou kant

Help jou stuier teen die wind

Teen die bloed en teen die sand

En die maak nie, dit maak nie regtig saak nie

En die maak nie, dit maak nie saak nie

Jy’s cheap

En petrol’s duur

Daars sestig minute

In elke uur

En dit maak nie, dit maak nie regtig saak nie

Dit maak nie regtig saak nie.

Get this song at:  amazon.com sheetmusicplus.com

Share your thoughts

Comments