Karen Zoid

Karen Zoid - Katriena lyrics

Sy stap deur die bos

Deur die enkelvoetpad

Sy stap deur die bos

Deur die eensame dag

Die stilte wat roep soos die mense verlange

Die mense verlange

Alleen met slentergang.

Sy voel hoe die wind

Deur die blare ritsel

Sy hoor nou ‘n voël

Met a vrolike fluit

Sy dink aan die mens en die ewige lewe

Die ewige lewe

Vreugvolle fees

Katriena, Katriena, Katriena Katryn

Is lief vir haar lewe

Is lief vir haar wyn (x2)

Sy deel haar pad

Met die heroinmonster

Sy voel hoe sy asem

In haar ore fluister

Sy sien

Sy versteen

As die lewe wyk

As die lewe wyk

Na die ewigheid.

Katriena, Katriena, Katriena Katryn

Wees lief vir jou lewe

Wees lief vir jou wyn (x2)

Sy voel hoe ‘n rilling

In haar rug afwriemel

Sy sien hoe die engel

Van die dood vir haar staar

Die stilte word warm

Die lewe word donker

Die wêreld word donker

As sy dood neerslaan

Katriena, Katriena, Katriena Katryn

Was lief vir haar lewe

Was lief vir haar wyn (x2)

Katriena heroina

Katriena amfetamina

Katriena kokaina

Katriena

Liefde het ‘n lettergreep

Karriena Katriena Katryn

Was lief vir haar lewe

En bietjie vir my

Katriene Katriena Katryn

Was te opgevang

In haar sadness en pyn.

Get this song at:  amazon.com sheetmusicplus.com

Share your thoughts

Comments