Karen Zoid

Karen Zoid - Engel lyrics

Ek het vriende wat ek sien

Ek is verslaaf aan nikotien

Ek hou van karre wat kan ry

Ek huil gewoonlik as ek baklei

Ek het gedink dat dit sou reen

Toe word ek stil en wag alleen

Tot jy kom klop het

Aan my deur

Ek het ‘n dak bo-oor my kop

En in die winter like ek sop

My sussie bly in Potchefstroom

Die mense daar rook almal boom

Ek wonder of jy sal onthou

Dat jou woorde aan my klou

As jy my insluk sonder om te kou

So ek skreeu ‘n song vir jou my life

Bly nog ‘n rukkie asseblief

Want as ek sing dan sing jy saam

In ‘n droom roep ek jou naam.

Ek is so dronk soos Koos Kombuis

Daar is geen swembad by my huis

Ek raak benoud wanneer jy luister

Net soos wanneer mense fluister

Die vier seisoene in jou traan

Hou my vas wanneer jy gaan

En ek weer alleen hier staan

So ek skreeu ‘n song vir jou my lief

Jy is ‘n engel en ‘n dief

En ons kan sing want ons sing saam

In ‘n droom roep ek jou naam

Thanks to Yolanda Snyman for these lyrics

Get this song at:  amazon.com sheetmusicplus.com

Share your thoughts

Comments